OPVOEDKUNDIGE APPARAAT EN KLEUTERS: ‘n ONTWIKKELINGSGESKIKTE BENARDERING. DEEL1

Back to Articles

Sand- en waterspel

Dit is belangrik dat hierdie ouderdom kinders aparte water- en sandspelareas het.

Sand

Sand kan nogal ‘n probleem wees. Alhoewel peuters en babas se spel hoofsaaklik op die sensopatiese vlak lê, en sand, water en klei die belangrikste media is om hierdie spel te stimuleer, is sand ‘n probleem omdat peuters sand rondgooi en dit dan in hulle oë kan beland. Daar is tans by speelgoedwinkels tafels beskikbaar waarin ‘n groot skottel stewig pas. Hierdie tafel is net mooi die regte hoogte vir babas en peuters. In die skottel kan dan verskillende soorte sensopatiese materiaal gegooi word waarmee die babas en peuters kan speel. Joan Orr stel voor dat mieliemeel, voëlsaad, mielierys, pasta en selfs jellie wat baie styf aangemaak word en in blokkies gekap word in die bak gegooi word. Ons het gevind dat as jy hierdie sensopatiese tafel op ‘n plastiekmat plaas, alles wat uitval weer teruggegooi kan word. Dit is verbasend hoe lank ‘n sak mieliemeel op hierdie manier hou.

Water

Elke mens wat met babas en peuters werk, weet dat water ‘n onweerstaanbare bekoring vir hierdie kinders het. Weer eens kan die sensopatiese bak/tafel gebruik word. Onthou dat peuters nie soos ouer kleuters met strooitjies kan blaas of water kan in- en uitgooi nie. Peuters slaan gewoonlik op die water en spat dit die wêreld vol. Dit beteken natuurlik dat ons hulle met so min klere aan as moontlik buite met water moet laat speel. Goeie toesig is absoluut noodsaaklik. Moet ook nie seep in die water sit om skuim te maak nie. Vir hierdie ouderdom gaan dit hoofsaaklik oor die gevoel van water oor hulle hande en lyf en om te sien wat gebeur as die water geslaan word. Dit is vanselfsprekend dat hierdie aktiwiteit net in die somer uitgeplaas kan word.

Back to Top

Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |

Jungle Gym Home | About Us | Products | Services | Prices | Order | Specials | FAQ | Extra | Testimonials | Maintenance
Guarantee | Refurbishment | Educational Articles | Educational Stuff | Entertainment | Feedback | Related | Contact Us
Sitemap | Links | SEO Articles | Online Marketing | SEO