Our Company
Jungle Gyms
Playground Equipment
Heavy Duty
Slides / Accessories
Prices & Ordering
Contact Us

About Us
Services
FAQ
Extra Information
Testimonials
Maintenance
Guarantee
Refurbishment
Articles
Related Services
Baby
Toddler
Kindergarden
Junior
Senior
Maxi
Super Maxi
Jumbo
Super Jumbo Collapsable Steel
Climbing Structures
Barrels
Tunnels
Balancing
Swings
See Saws
Rocking
Sport
Jungle Gyms
Slides
Slide Stands
See Saws
Swings
Steel Slides
Fibreglass Slides
Stands
Accessories
Price List
Rental Information
Specials
Delivery / Collection
Order Now!
Second Hand
Contact Details
Map to Factory

OPVOEDKUNDIGE APPARAAT EN KLEUTERS: ‘n ONTWIKKELINGSGESKIKTE BENARDERING. DEEL1

Inleiding

Elke kleuterskool is gedurig besig om opvoedkundige apparaat aan te koop en bestaande apparaat aan te vul. Opvoedkundige apparaat is duur en ons behoort altyd te besin of die apparaat wat ons aankoop die geld wat daarvoor betaal word, loon. Dit is ook belangrik om te kyk na die geskiktheid van apparaat in terme van die ontwikkelingsbehoeftes van die jong kinders in ons sorg. In hierdie artikel sal ons eerstens na die behoeftes van die babas en peuters kyk en dan, in ‘n tweede artikel, volgende keer kyk na die apparaatbehoeftes van die ouer kleuters.

Kinders verskil in hulle behoeftes en belangstellings

Almal van ons aanvaar die stelling dat jong kinders as totaliteit benader word. Tog koop ons meestal apparaat aan met ‘n gefragmenteerde beeld van die kind in gedagte. Omdat dit die mees algemene uitgangspunt is sal ons in hierdie artikel op hierdie wyse verwys na die sosiale, emosionele, fisieke en kognitiewe doel van apparaat.

Ons moet egter nooit uit die oog verloor dat jong kinders, behalwe vir die feit dat daar algemene ontwikkelingstendense bestaan, ook spesifieke sterk en swak punte het wat hulle soort leer bepaal nie. Indien ons fyn waarneem en assesseer sal ons sien dat daar kinders is wat beter leer deur fisiese beweging. Ander weer, leer beter deur middel van ouditiewe stimulus en nog ander deur visuele leer. Elke ontwikkelingsfase het ook sekere kenmerke wat belangrik is om die leer maksimaal te ondersteun. Fyn waarneming en gereelde assessering sal vir ons ‘n aanduiding gee van watter benadering en watter soort apparaat vir ons die beste resultaat sal gee.

Babas en Peuters 0-2 jaar en apparaat

Ons is almal bewus van die belangrikheid van die fase geboorte tot ongeveer twee-en-‘n-half jaar vir breinontwikkeling. Gedurende hierdie vroeë ontwikkelingsfase is dit veral die sensoriese en motoriese leer wat belangrik is. Gabbard (1998) beweer dat die basiese aanleer van senso-motoriese vaardighede voor die ouderdom twee moet geskied. Dit beteken dat leer deur beweging in hierdie fase baie belangriker is as wat voorheen vermoed is. Spel as die basiese manier waarop babas en peuters leer is geweldig belangrik. Dit is van besondere betekenis vir voorskoolse sentra wat babas en peuters versorg.

Back to Top

Leer deur beweging

In hierdie fase ontwikkel babas en peuters bewegingsbeheer van kop na bene en vanaf die middelpunt van die liggaam na buite. In praktyk beteken dit dat die baba eerstens beheer oor nek- en kopspiere kry en daarvandaan beheer oor die bolyf en die arms. Beheer oor bene en voete kom laaste. Stimulasie om uit te reik, te sit, te kruip en te rol behoort dus deur die apparaat uitgelok te word. Daarby moet die versorger van die babas doelbewus bewegingsgeleenthede beplan om hierdie basiese bewegingsontwikkeling te stimuleer. Indien ons babas waarneem in die kruipfase sal ons sien dat daar ‘n ontwikkeling is vanaf die liggaam wat as eenheid beweeg waar die arms die liggaam vorentoe trek tesame met die bene en die lyf as een beweeg. Ware kruip kan eers plaasvind as die baba se oë, ore, hande en voete saamwerk ….and the mechanisms in the brain (corpus alossum) coordinating these processes between the two hemispheres and all four lobes are activated…(Danna Thompson, 1997). Omdat beide helftes van die brein en al vier lobbe van die brein geaktiveer word is daar ‘n verhoogde aktiwiteit in die kognitiewe funksie en vind leer baie makliker plaas. Dit verklaar deels hoekom die fase voor 2 ½ jaar so ‘n ongelooflik breingroei toon. Dit is ook weer eens ‘n bewys dat intellektuele ontwikkeling nie losstaande van fisiese ontwikkeling gesien kan word nie.

Apparaat wat gestoot en getrek word, balle wat rol en terselfdertyd ‘n geluid maak, asook apparaat wat geslaan kan word en daardeur ‘n reaksie toon aan die baba is alles apparaat wat beweging stimuleer. Die vernaamste element is egter die kontak en stimulasie deur die versorger. Die emosionele band tussen die baba en die versorger is die heel belangrikste element in die totale ontwikkeling van die baba…They are especially dependent on adult approval of their attempts to move and to express themselves… (Thompson, 2001:2).

As ons die bostaande aspekte in ag neem beteken dit dat daar baie implikasies vir die spelomgewing van babas is:

    Babas se speelarea moet apart wees van dié van die peuters. Peuters kan nogal geniepsig wees, nie omdat hulle met opset geniepsig is nie maar bloot omdat hulle nog nie voldoende beheer oor hulle bewegings het nie.


    Babas het geleentheid en ruimte nodig om te beweeg.


    Babas moet aangemoedig word om basiese bewegings soos rol, stoot, trek en ook klein sagte apparaat soos balle en blokke te knie en te manipuleer.


    Babas het geen begrip vir oorsaak en gevolg nie. Speelgoed wat dus hierdie aspek beklemtoon is nie geskik vir babas nie.


    Babas kan vandat hulle kan kruip, ook hande-viervoet klim. Hulle kan dus baie vinnig by trappe opklim of ook op ander voorwerpe klim. Alhoewel daar ‘n risiko verbonde is aan hierdie drang om te klim, moet daar geleentheid geskep word vir babas om onder toesig klimaksies uit te voer.


    Babas kan aangemoedig word om deur tonnels te kruip. Die mure en die “plafon” van die tonnel kan vorms kleure, prente van skrif en prente van gesigte op hê. Die babas kan aangemoedig word om deur die tonnel te kruip deur hulle van die een kant te roep en te prys as hulle kruip. Hierdie tonnels kan aangekoop word, maar kan ook gemaak word van kartonbokse wat aanmekaar gelas word.


    Ligte plastiekballe wat klein genoeg is dat die baba die bal kan optel is ideaal vir hierdie ouderdom. Babas wat kruip speel “sokker” met hierdie balle deur hulle te keer en te rol terwyl hulle kruip. Hulle ontdek ook dat hulle die bal kan gooi, gaan haal en binne-in houers gooi. ‘n Sak met 100 balle is sekerlik ‘n goeie belegging vir ‘n baba- en peuterafdeling.


    Babas kan reeds van so vroeg as 10 maande begin stap. Op hierdie stadium het hulle baie min ruimtelike insig om beserings te vermy. Hulle het ook geen begrip van gevaar nie. Toesig is dus uiters noodsaaklik. Wat ons nie moet doen nie is om die babas se bewegingsdrang in te perk omdat ons bang is dat hulle sal seerkry. Beter en meer toesig is die antwoord.


Back to Top

Peuters: Twee tot Drie jaar oud

Die tipiese peuter van hierdie ouderdom kan reeds redelik vaardig beweeg en kan nou kom waar hulle vantevore net van ver af kon kyk. Nou kan hulle hul intellektuele nuuskierigheid bevredig deur self te ondersoek en te manipuleer.

Fisieke Ontwikkeling

Die normale twee- tot drie-jaar oud peuter kan reeds baie vaardig beweeg. Hulle kan op die klimraam klim en het reeds ‘n redelike mate van balans ontwikkel. Op hierdie ouderdom het hulle ruimte nodig sowel as verskillende soorte oppervlaktes waarop hulle kan beweeg en hulle bewegingsvaardighede kan verfyn. Vanaf die ouderdom van 9 maande kan babas al met balle begin speel en tussen twee en drie behoort daar baie balspeelgeleenthede vir hulle te wees. Op hierdie ouderdom begin hulle reeds die bal te rol, te “skop” en te gooi. Vang is nog nie so goed ontwikkel nie maar die onderwyseres kan deur versigtig te gooi en die peuter se aandag op die bal te vestig deur op die bal te klap en te sê “kyk hier, hier kom hy”, reeds begin om balvang-vaardighede by die peuter te ontwikkel.Op hierdie ouderdom kan hulle ook begin om op fietse sonder pedale te ry wat met hulle voete aangedryf word. Belangrik is die feit dat hulle op hierdie ouderdom bewus word van rigting en hoe om botsings te vermy. Basiese ruimtelike bewussyn is baie belangrik op hierdie stadium en vorm die basis vir verdere ontwikkeling later.Om van voorwerpe af te spring is ook ‘n aktiwiteit wat in hierdie tydperk ‘n aanvang neem. Skep geleentheid vir spring deur ‘n matras op die grond neer te sit waarop hulle kan bons en spring.

Ontwikkeling van verbeeldingspel

Die tipiese twee- tot drie-jaar oue peuter begin om verbeeldingspel te gebruik in hulle sosiale spel. Alhoewel die peuters van hierdie ouderdom nog egosentries is sal hulle tog van tyd tot tyd uitreik na ouer kleuters. Hierdie uitreik is dikwels op die vlak van naboots. Baie peuters van hierdie ouderdom sal ook begin om nagmerries te kry en toon tekens van vrees in die donker. Al hierdie tekens is ‘n bewys dat die peuter besig is om verbeelding te ontwikkel en te gebruik. Volgens Vygotsky is een van die vernaamste uitkomste van verbeeldingspel by peuters die feit dat verbeeldingspel hulle help om ‘n begrip te ontwikkel dat ‘n voorwerp as ‘n ander voorwerp gebruik kan word (byvoorbeeld ‘n blok vir ‘n selfoon, of klippies vir koekies). Hierdie is die begin van abstrakte denke. Die gewilligheid van die onderwyseres om saam met die peuters hierdie verbeeldingspel te speel is ‘n belangrike motivering vir die peuter om verbeeldingspel verder uit te bou en te gebruik. Hierdie verbeeldingspel geskied gewoonlik uitsluitlik tussen die peuter en een van die emosioneelbelangrike volwassenes in die leeromgewing.

Back to Top