Op hierdie stadium kan babas gestimuleer word deur visuele en ouditiewe ervarings asook aanraking
Dit is belangrik dat babas kalm gehou word, ‘n gereelde roetine gehandhaaf word en dat babas nie vir lang tye gelaat word om te huil nie. |
0 tot 3 maande |
Babas slaap, begin om met handjies te gryp, suig, staar na voorwerpe en lig, luister, huil en maak klein bewegings.
Begin om gesigs-uitdrukkings soos frons en lag te gebruik om uit-drukking te gee aan gevoelens en ook te kom-munikeer.
Reageer op sagte sowel as harde stemme en geluide deur hulle koppe te draai en hulle arms en bene te beweeg.
Vanaf 6 weke begin om kop regop te hou. |
Volwassenes kan die baba se oogbeweging stimuleer deur voorwerpe met kontrasterende kleure soos rooi, wit en swart .
Die baba se ouditiewe vermoëns kan ontwikkel word deur te praat, stories te lees, te sing en ook barokmusiek te speel.
Babas kan bewus gemaak word van ruimte en beweging deur mobiele en prente van gesigte op te hang, en ook om naby genoeg met die baba te kommunikeer dat hy/sy gesigte kan leer ken en herken.
Babas moet kan ervaar dat hulle kan uitreik na voor-werpe, manipuleer, aanraak en hoor en sien.
|
Wees bedag op die tekens en wenke dat babas reageer op musiek, ouditiewe en visuele stimulasie deur uit te reik en te glimlag of te frons.
Stel baba bloot aan musiek, voëlgeluide, watergeluide en ander sagte geluide. Gesels met baba oor die geluide. Hang ‘n swart, wit en rooi mobiel direk bokant die baba se gesig (30 cm).
Plak swart en wit geometriese vorms teen die muur waar baba se doeke gewissel word. Hang prente van vorms aan die kante van die bababedjie.
Sing, sê rympies, gesels, benoem liggaamsdele terwyl daaraan geraak word.
Wieg baba dikwels, en beweeg saggies op maat van musiek. Kry ‘n skommelstoel en voed baba op die stoel. Moenie baba neersit met ‘n bottel nie. Hou baba in die arms terwyl hy/sy gevoed word. Praat en sing terwyl baba gevoed word. |
Babas begin nou om te kommunikeer deur geluide te maak, te huil en te lag.
Anders as wat altyd geglo is, is hulle bewus daarvan dat voorwerpe permanensie het en wil hulle weet wat van voorwerpe word.
Babas begin nou om aan te dui dat hulle opgetel wil word. Hulle kyk vir langer tye na voorwerpe, skakerings van lig en kleure. Begin nou ook om aandag te gee aan primêre kleure.
Glimlag as hulle ‘n bekende sien, waai arms en bene om belangstelling aan te dui. Sal lang tyd bestee om ‘n visuele probleem op te los (bv. die wegraak van ‘n bekende voorwerp)
Kan aandui dat hulle bekende liedjies, rympies en stories onthou. |
3-8 maande |
Reageer op stemme van bekendes deur koppe en oë te draai.
Begin om bekende en onbekende geluide te soek deur koppe en oë te draai.
Reik uit na speelgoed en ander voorwerpe.
Bring voorwerpe na mond om te eksploreer.
Word gekalmeer deur bekende musiek.
Begin om spesifieke geluide te maak vir bekende mense en om behoeftes aan te dui.
Rol om en kan voorlyf opstoot met arms teen die einde van hierdie fase.
Sommige babas begin om sonder ondersteuning te sit.
Kan onderskei en reageer op vriendelike en onvriendelike gesigs-uitdrukkings.
Kan vrees aandui deur te huil en vas te klou aan emosioneel-belangrike persoon. Kan vreessituasie onthou. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Maak babas bewus van bekende en onbekende voorwerpe deur daaraan te raak en te benoem.
Praat van kleure, tas, smaak en reuk en funksionele kenmerke van voorwerpe (ruik aan die rooi blom a-tiesjoe).
Gebruik musiek en beweging om baba bewus te maak van liggaam in ruimte deur te dans, te wieg en te sing. Maak gebruik van voorwerpe wat beide visuele en ouditiewe kenmerke het (ratel).
Lees gereeld stories, gesels oor die prente, sê rympies en sing liedjies. Dit is belangrik vir woordeskat-uitbreiding en verbale taal.
Gebruik gesigsuitdrukkings en liggaamsbewegings om uitdrukking te gee aan woorde en emosies. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Plaas ratels en sagte speelgoed met verskillende teksture in baba se vuisie.
Benoem voorwerp, skud baba se hand en gesels oor die kleur en tekstuur.
Moedig baba aan om arms uit te steek deur jou hande uit te hou en te sê: “Kom”.
Gee erkenning as baba iets nuuts doen deur hande te klap, te lag en baba op te tel en te druk.
Druk plesier of verbasing uit deur jou gesigs-uitdrukking, stem en liggaamstaal.
Speel speletjies soos “waar’s hy” en “koekies bak” saam met die baba.
Klap baba se handjies saam met ‘n liedjie of musiek.
Gebruik herhalende frases en rymwoorde.
Lees stories, rympies en versies as deel van die slaaproetine. Sing slaapliedjies.
Wieg die baba nog steeds. Wieg stimuleer die ontwikkeling van ruimtelike bewussyn. |
Meeste babas begin nou te kruip en hulle op te trek teen voorwerpe. Dit beteken dat hulle ‘n wyer wêreld het om te ontdek.
Peuters op hierdie stadium is ingestel op eksplorasie en ontdekking. Hulle gebruik al hulle sintuie om van die wêreld uit te vind.
Hulle begin ook om los woorde te gebruik asook gebaretaal om hulle wense bekend te maak.
Hulle kan baie duidelik te kenne gee waarvan hulle hou en waarvan hulle nie hou nie.
Aan die einde van hierdie fase kan babas hulle frustrasies toon deur te byt. Hulle kan ook begin om aanskoulike woedebuie te kry waarmee hulle ouers en oppassers kan manipuleer.
Gedurende hierdie tydperk word die baba bewus van haarself en die emosioneel-belangrike mense in haar wêreld. Babas kan inkennig raak en intense verlatingsangs beleef.
Hierdie ouderdom het baie goeie toesig nodig. Hulle moet vryheid hê om te ontdek maar hulle moet ook baie goed dopgehou word.
|
19 tot 24 maande |
Kan begin om volwassenes en ouer kinders se bewegings en stemme na te boots. Gebruik 2- tot 3- woord sinne, kan voorwerpe benoem en hou daarvan om in boeke te kyk en stories te vertel.
Peuters begin om aan te pas en kan ook sekere gebeure antisipeer (bv. wegkruipertjie en “waar’s hy waar’s hy”).
Begin om doelbewus op mense en gebeure reageer.
Verstaan en reageer op eenvoudige frases soos “Op en gedaan” “Ta-ta” ens.
Begin toenemend verbaal te kommunikeer en eksperimenteer met geluide en woorde.
Kan eenvoudige opdragte uitvoer veral as dit visueel en konkreet voorgestel word (gee die lepel vir mamma).
Kan groot waskryte vashou en begin om lukrake merke op papier te maak.
Begin om ‘n paar blokke opmekaar te pak. Afhangende van ervaring kan dit enigiets tussen 3 en 6 wees.
Begin om eenvoudige verbeeldingspeletjies te speel soos bel vir mamma op die speelfoon, eet ‘n speel-speel koekie.
Woordeskat kan al tot 30 woorde wees.
Kruip, trek op, begin te loop en kan aan die einde van hierdie periode al sterk loop en selfs hardloop. Kan liefde betoon deur drukkies en soentjies en kan positiewe sowel as negatiewe gevoelens toon. Begin om met poppe te speel en sal die pop druk en soen. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Moedig peuters aan om geluide na te maak soos ‘n hond wat blaf en kat wat miaauw.
Stel peuters bloot aan verskillende maniere van beweeg (soos ‘n olifant, ‘n eend, ‘n padda).
Moedig hulle aan om verskillende geluide met hulle monde te maak, hande te klap, voete te stamp.
Gebruik eenvoudige instrumente soos klokkies, trommetjies en xilofone.
Moedig herhalende geluide, geluidpatrone en rymwoorde aan.
Maak peuters bewus van visuele patrone in die natuur, teksture, kleure van blare en blomme. Praat van dinge wat lyk soos …
Plaas klem op die ontwikkeling van balans deur balspel, dans, klim- en klouter-aktiwiteite. Hou goed toesig. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Neem die peuters soms na ‘n ander speelarea (bv. die ouer kleuters se area of ‘n tuin). Gesels oor die nuwe ervaring wat hulle sien, hoor en voel.
Speel ritmiese musiek en neem peuters se hande in joune en klap saam met hulle. Tel peuter op en beweeg ritmies. Neem handjies en “dans” en sing saam met hulle.
Eksploreer en ontdek kleure en vorms elke dag. Onthou dat hulle op hierdie stadium slegs konsentreer op die sirkel. Moet dus nie te veel verskillende vorms aanpak nie. Sing of maak liedjies oor ronde dinge. Gebruik die kleuterdreun vir die “maak-liedjies”.
Plaas prente van verskillende dinge en natuurtonele op oog-hoogte. Gesels oor die prente en wys na die ronde voorwerpe in die prente.
Lees stories en gee verskillende stemme vir verskillende karakters. Dit help met die ontwikkeling van insig in ander.
Begin om gereeld water-spel uit te plaas. Laat die peuters ook met sand en modder speel.
Gee baie geleentheid vir sensoriese ervarings soos vingerverf, speel met mieliemeel, aangemaakte Maizena, gekapte jellie, louwarm wit maizenapap en nog vele meer. Plaas in plastiekbakke op tafels wat laag genoeg is dat peuters met gemak kan bykom. Sorg vir ‘n plastiek-voorskoot vir elke peuter. Sit langs die peuters en gesels met hulle terwyl hulle eksploreer.
Onthou dat daar nie sprake is van kuns-aktiwiteite nie. Hierdie is voor-kuns ervarings en ouers moet ook ingelig word dat hierdie aktiwiteite baie belangrik is vir die latere ontwikkeling van die ouer kleuter |
Peuters kan nou vinnig en toenemend met vaardigheid beweeg. Hulle begin om afleidings te maak en kan deur eksplorasie en ontdekking dinge self uitvind.
Woorde word nou verbind met bewegings en met gevoelens.
Selfbewussyn en outonomie begin nou ontwikkel. Dit het ook verband met toenemende onafhanklikheid. Hierdie is ‘n belangrike fase wat in die volgende fase voortgesit word. Peuters moet begin beleef dat hulle outonoom van hulle primêre versorgers is. |
19 tot 24 maande |
Kan begin om volwassenes en ouer kinders se bewegings en stemme na te boots. Gebruik 2- tot 3- woord sinne, kan voorwerpe benoem en hou daarvan om in boeke te kyk en stories te vertel.
Woordeskat kan in hierdie fase tot 200 woorde groei.
Daar is duidelike bewyse dat denkprosesse plaasvind en eenvoudige konsepte verstaan word. Hulle is ook in staat om met woorde aangeleerde konsepte te herhaal.
Begin om te toon dat hulle bewus is van wat hulle mag doen en nie mag doen nie. Daar is egter geen moraliteit aanwesig nie. Reg en verkeerd berus op die gevolge van die dade.
Kan op tone staan, ‘n groot bal vang deur mandjie-arms te hou en die bal teen die bors vas te druk.
Kan trappe op- en afklim met alternatiewe voete.
Kan poppe uittrek maar nog nie aantrek nie. Kan groot knope en gladde ritssluiters oopmaak. Kan nog nie knip nie maar kan papier skeur en begin frommel.
Begin met eenvoudige sortering volgens kleur en grootte en weet waar om bekende voorwerpe te bêre.
Peuters in hierdie fase is nuuskierig en stel belang in die wêreld rondom hulle.
Kan hulleself in ‘n spieël of ‘n foto herken.
Kan woorde gebruik om gevoelens uit te druk.
Sommige peuters kry nog woedebuie (afhangende van hoe dit hanteer is) en sommiges sal dalk nog byt, maar hierdie gedrag verdwyn gelukkig met die koms van taalbeheersing.
koms van taalbeheersing. Hierdie ouderdom peuter het nog intense behoefte aan onvoorwaardelike liefde, aandag en troeteling op ‘n individuele vlak. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Hierdie peuters begin nou om bewustelike keuses te maak in die eksplorering en ontdekking van bv. kleur. Hulle gebruik meestal nog net een kleur en word vasgevang in die sensoriese ervaring van verf en teken.
Help peuters om verbeeldingsbeelde te ontwikkel deur in musiek en beweging hulle aan te moedig om soos verskillende diere te beweeg.
Vertel en dramatiseer stories en laat hulle deelneem aan die dramatisering deur bv. herhalende frases saam te sê en die bewegings uit te voer. Hierdie aktiwiteit ontwikkel taal sowel as verbeelding. Dikwels is die beweging en reaksie oordadig en dit mag lyk asof hulle buite beheer is, maar vir hierdie groep is dit nog normaal.
Lê klem op gevoelens en emosiewoorde tydens deelname aan stories, rympies en liedjies. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: In hierdie fase begin peuters sensoriese eksplorasie met verf, teken en vingerverf. Knip is nog steeds nie ‘n geskikte aktiwiteit nie maar moedig hulle aan om papier te skeur en te plak.
Luister na musiek en dans en sing saam met die peuters terwyl hulle hande vashou.
Maak verbeeldings-karakters en stories van alledaagse voorwerpe soos kouse, truie en skoene. Laat hierdie voorwerpe gesels terwyl die peuter aan- of uittrek.
Herhaal die voorlees van bekende, geliefde stories. Voorlees is geweldig belangrik vir woordeskat, blootstelling aan teks en sinskonstruksie.
Koop goeie kinderboeke en gaan gereeld biblioteek toe. Kyk na foto’s en vertel die stories van foto’s.
Speel gereeld saam met die peuters op eenvoudige slaginstrumente.
Besoek gepaste uitstallings by die museum . Reël uitstappies na ‘n plaas of ‘n natuurtuin. Dieretuin kan ook aanbeveel word maar dan moet dit ‘n kort besoek wees waar daar na spesifieke diere gekyk word. |
Peuters se bewegings is nou toenemend gekoördineerd. Balans ontwikkel nog.
Taalontwikkeling is geweldig vinnig. Aantal woorde ontwikkel tot 900 aan die einde van hierdie fase. Peuters praat volsinne en woordeskat brei vinnig uit.
Hulle toon ook dat hulle bewus is van tel en sal speel-speel saamtel. Daar is egter nog nie sprake van tel-met-insig nie.
Hulle begin om die geselskap en saamspeel met ander kinders te soek alhoewel daar nog nie sprake is van werklike saamspeel nie.
Belangstelling in verbeeldingspel neem toe en baie peuters in hierdie fase speel nou “baba – mamma” speletjies.
Peuters kan koppig wees en begin om hulle eie wil te laat geld. Dit is ‘n belangrike fase vir die ontwikkeling van die selfbewussyn en outonomie. Hulle moet beleef dat hulle sekere dinge op hulle eie kan doen. Die ontwikkeling van outonomie is belangrik vir toekomstige motivering en verantwoordelikheidsin.
|
25 tot 36 maande |
Saam met die ontwikkeling van verbeeldingspel begin simboliese denke ontwikkel.
Meeste peuters krabbel maar sommiges kan nou begin om krabbels te benoem wat ‘n verdere stap in die ontwikkeling van simboliese denke is.
Krabbels ontwikkel tot die gebruik van meer as een kleur.
Selfgeïnisieerde verbeeldingspel neem toe.
Luister na nuwe woorde, eksperimenteer met woorde en gebruik woorde in spel. Sinne word langer en meer ingewikkeld. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Begin om probleem-oplossingsvaardighede te ontwikkel deur vrae te vra soos: Wat dink jy gaan volgende gebeur? Speel karakters uit bekende stories en laat die peuters sekere rolle vertolk.
Luister na musiek en gesels oor musiek, gediggies, stories. Dit ontwikkel analitiese denke. Kyk na prente en kunswerke en laat die peuter vertel wat hy/sy in die prent sien.
Fisiese aktiwiteite in vryspel asook beweging op maat van musiek versterk balans en ‘n positiewe selfbeeld. Peuters leer om hulle liggame en beweging te gebruik om die wêreld rondom hulle te ontdek en te beheers en uiting te gee aan gevoelens.
Laat peuters musiek-konsepte soos kontraste in musiek en ook kontraste in gebruik van kunsmateriaal ervaar.
Spel moet ook fynspier-aktiwiteite bevorder. Aktiwiteite soos ryg, sorteer, gebruik van instrumente, ens. |
Gebruik vorige aktiwiteite en vul aan deur: Voorsien ‘n verskeidenheid van kunsmateriaal soos papier, karton, verskillende soorte kryt, verf, vingerverf, verskillende soorte modelleermateriaal en ook konstruksiemateriaal soos collage en montage. Eksplorasie en ontdekking van hierdie materiaal is nog steed belangrik.
Luister na musiek, dans en beweeg saam met die peuters. Dramatisering van stories, gediggies en rympies met maskers en ander bybehore.
Musiek, sang, rympies en stories moet deel wees van die hele dagprogram. Taalontwikkeling is ongelooflik belangrik en moet in elke aktiwiteit ingeweef word.
Begin om al hoe meer aandag aan die herkenning van kleure en vorms te bestee.
Vertel stories van oumas, oupas en die verlede. In skoolverband kan temas soos Ouma se speelgoed ontgin word.
Nooi musikante en ‘n poppespel-teater na die skool. Laat ‘n kunstenaar ‘n kunswerk maak terwyl die peuters kyk. Demonstreer hoe word met die hand gebrei.
Skep geleentheid vir kontak met die natuur en diere. Neem ‘n dier by die dieretuin aan en laat die peuters gereeld vir die dier kaartjies maak en stuur.
Dit is belangrik om hierdie jong kinders bloot te stel aan die wyer gemeenskap en die bedrywighede in die gemeenskap. |