ONTWIKKELINGSGESKIKTE OPVOEDKUNDIGE APPARAAT VIR KLEUTERS 4 – 6 JAAR OUD.

Back to Articles

Ontwikkeling en stimulering van verbeeldingspel

Verbeeldingspel is ongetwyfeld een van die mees onderskatte aktiwiteite in kinderspel. Verbeelding is volgens prof. Barbara Clarke (Montessori-kongres, 1985, WITS) een van die min aktiwiteite wat die totale breinkrag van die brein gebruik. Sonder verbeelding is probleemoplossing nie moontlik nie. Verbeelding is ook uiters noodsaaklik vir sosio-emosionele vaardighede soos empatie. Daar moet dus geleentheid beplan word vir verbeeldingspel. Aktiwiteite soos om stories te dramatiseer, musiek- en beweging, en verbalisering van verbeeldingsvlugte ( gesels oor: Sê nou maar: al die krane verdwyn, al die wiele van die motors is vierkantig, mossies is so groot soos volstruise, ens.).

Apparaat vir assessering

Al die aktiwiteite wat hierbo genoem is kan gebruik word vir assessering. Daar is egter apparaat wat by uitstek vir assessering gebruik kan word. ‘n Voorbeeld van hierdie soort apparaat is “What’s in a square” wat ongeveer 25 jaar gelede deur die Universiteit van Tel Aviv ontwikkel is. Hierdie apparaat moet deur die onderwyseres saam met ‘n groep kleuters gespeel word. Dit bied geleentheid vir aspekte soos vormherkenning, verskille, voorgrond/agtergrond-persepsie en die waarneming van meer as een veranderlike.

Afsluiting

Daar is geen geheime stuk apparaat wat sal sorg dat kleuters emosioneel en sosiaal goed aangepas sal wees nie. Perseptuele ontwikkeling gaan ook slegs optimaal ontwikkel as die program in die kleuterskool gebalanseerd is. Die regte dinge waaruit ‘n kwaliteit voorskoolse program bestaan, naamlik goeie verhoudings, minder as 25 kleuters in ‘n groep en ‘n opgeleide onderwyseres wat in staat is om goeie positiewe dissipline te handhaaf, is die dinge wat sorg dat al die aspekte van kleuters se ontwikkeling in harmonie met mekaar is.

Back to Top

 

Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |

 

Jungle Gym Home | About Us | Products | Services | Prices | Order | Specials | FAQ | Extra | Testimonials | Maintenance | Guarantee | Refurbishment | Educational Articles | Educational Stuff | Entertainment | Feedback | Related | Contact Us | Site Map | More Articles | Links | Marketing | SEO