ONTWIKKELINGSGESKIKTE OPVOEDKUNDIGE APPARAAT VIR KLEUTERS 4 – 6 JAAR OUD.

Back to Articles

Ontwikkelingsgeskikte opvoedkundige apparaat vir Kleuters 4 – 6 jaar oud.

Anders as die baba en peuter en die jonger kleuter se spel waarna ons in die eerste artikel gekyk het, word apparaat op baie verskillende maniere deur die 4-6 jarige gebruik. Wat veral opvallend van hierdie ouderdomsgroep is, is die toenemende sosiale ontwikkeling wat in hulle spel waargeneem word. Dit is veral in die 5 tot 6 jarige groep waar sosiale spel die hooftema van alle spel word. Omdat hierdie aspek so belangrik is, gaan ons ‘n bietjie tyd bestee om te kyk na die faktore wat tot suksesvolle sosio-emosionele ontwikkeling lei.

Daar is egter ook ‘n ander gelyklopende proses wat byna netso belangrik as die sosiale ontwikkeling is. Perseptuele ontwikkeling vind vanaf geboorte en in sommige gevalle selfs voor geboorte plaas. Dit is egter in die ouderdomme 4-6 jaar wat integrasie van die sintuie se inligting en verfyning van vaardighede plaasvind. Gallahue(1989) beweer dat kleuters in hierdie tyd oorskakel van die meer primitiewe taspersepsie na die meer gesofistikeerde visuele en later ook die ouditiewe sintuie. Hierdie sintuie is in staat om vinniger inligting te gee en ook die integrasie van inligting baie vinniger te maak.

Al die leerprosesse in hierdie fase tussen 4 en 6 jaar is ten nouste verbind met verbale uitbreiding. Kleuters in hierdie fase is besig om teen ‘n verbasende spoed nuwe woorde en begrippe aan te leer.

Indien ons dus nou vinnig kyk aan watter vereistes apparaat in hierdie fase moet voldoen, kan ons die volgende algemene gevolgtrekkings maak:

  • As apparaat aangekoop word moet daar voorkeur gegee word aan apparaat waarmee meer as een kleuter kan speel;

  • Daar moet ook apparaat aangekoop word wat geleentheid vir probleemoplossing in groepsverband bied. Ek dink hier veral aan groot boublokke met figure en diere om verbeeldingspel aan te moedig;

  • Apparaat wat kleuters help om ruimtelike persepsie te ontwikkel soos balle, klim en klouter en ander grootspierapparaat moet nie verwaarloos word nie;

  • Legkaarte wat aan kleuters uitdagings bied. Hier kyk ons na legkaarte wat tussen 36 en selfs 72 stukke het;

  • Apparaat wat analitiese en logiese denke bevorder;

  • Apparaat wat wiskundige probleemoplossing bevorder;

  • Boeke en ander apparaat wat lees-en skryfvaardighede op ‘n informele wyse aanmoedig;

  • Aktiwiteite wat verbeeldingspel bevorder.

Belangrikheid van sosiale ontwikkeling
Katz & McClellan (1997:vii) sê There is little of importance in our everyday lives that does not involve interaction with others. Most of the experiences people count as meaningful and significant – family life, work and most recreation – include or even depend on relations with others... Individuals can realize their potential only within a community.

Back to Top

Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |

Jungle Gym Home | About Us | Products | Services | Prices | Order | Specials | FAQ | Extra | Testimonials | Maintenance
Guarantee | Refurbishment | Educational Articles | Educational Stuff | Entertainment | Feedback | Related | Contact Us
Sitemap | Links | SEO Articles | Online Marketing | SEO