Opvoedkundige apparaat en kleuters: ‘n Ontwikkelingsgeskikte benadering. Deel 1
Page 4
Back to Articles
Sand- en waterspel
Dit is belangrik dat hierdie ouderdom kinders aparte water- en sandspelareas het.
Sand
Sand kan nogal ‘n probleem wees. Alhoewel peuters en babas se spel hoofsaaklik op die sensopatiese
vlak lê, en sand, water en klei die belangrikste media is om hierdie spel te stimuleer, is sand ‘n probleem
omdat peuters sand rondgooi en dit dan in hulle oë kan beland. Daar is tans by speelgoedwinkels tafels
beskikbaar waarin ‘n groot skottel stewig pas. Hierdie tafel is net mooi die regte hoogte vir babas en
peuters. In die skottel kan dan verskillende soorte sensopatiese materiaal gegooi word waarmee die babas
en peuters kan speel. Joan Orr stel voor dat mieliemeel, voëlsaad, mielierys, pasta en selfs jellie wat
baie styf aangemaak word en in blokkies gekap word in die bak gegooi word. Ons het gevind dat as jy hierdie
sensopatiese tafel op ‘n plastiekmat plaas, alles wat uitval weer teruggegooi kan word. Dit is verbasend
hoe lank ‘n sak mieliemeel op hierdie manier hou.
Water
Elke mens wat met babas en peuters werk, weet dat water ‘n onweerstaanbare bekoring vir hierdie kinders
het. Weer eens kan die sensopatiese bak/tafel gebruik word. Onthou dat peuters nie soos ouer kleuters met
strooitjies kan blaas of water kan in- en uitgooi nie. Peuters slaan gewoonlik op die water en spat dit
die wêreld vol. Dit beteken natuurlik dat ons hulle met so min klere aan as moontlik buite met water moet
laat speel. Goeie toesig is absoluut noodsaaklik. Moet ook nie seep in die water sit om skuim te maak nie.
Vir hierdie ouderdom gaan dit hoofsaaklik oor die gevoel van water oor hulle hande en lyf en om te sien wat
gebeur as die water geslaan word. Dit is vanselfsprekend dat hierdie aktiwiteit net in die somer uitgeplaas
kan word.
Back to Top
Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |
|