Opvoedkundige apparaat en kleuters: ‘n Ontwikkelingsgeskikte benadering. Deel 1
Page 2
Back to Articles
Leer deur beweging
In hierdie fase ontwikkel babas en peuters bewegingsbeheer van kop na bene en vanaf die middelpunt
van die liggaam na buite. In praktyk beteken dit dat die baba eerstens beheer oor nek- en kopspiere
kry en daarvandaan beheer oor die bolyf en die arms. Beheer oor bene en voete kom laaste. Stimulasie
om uit te reik, te sit, te kruip en te rol behoort dus deur die apparaat uitgelok te word. Daarby moet
die versorger van die babas doelbewus bewegingsgeleenthede beplan om hierdie basiese bewegingsontwikkeling
te stimuleer. Indien ons babas waarneem in die kruipfase sal ons sien dat daar ‘n ontwikkeling is vanaf
die liggaam wat as eenheid beweeg waar die arms die liggaam vorentoe trek tesame met die bene en die lyf
as een beweeg. Ware kruip kan eers plaasvind as die baba se oë, ore, hande en voete saamwerk ….and the
mechanisms in the brain (corpus alossum) coordinating these processes between the two hemispheres and all
four lobes are activated…(Danna Thompson, 1997). Omdat beide helftes van die brein en al vier lobbe van
die brein geaktiveer word is daar ‘n verhoogde aktiwiteit in die kognitiewe funksie en vind leer baie
makliker plaas. Dit verklaar deels hoekom die fase voor 2 ½ jaar so ‘n ongelooflik breingroei toon. Dit
is ook weer eens ‘n bewys dat intellektuele ontwikkeling nie losstaande van fisiese ontwikkeling gesien
kan word nie.
Apparaat wat gestoot en getrek word, balle wat rol en terselfdertyd ‘n geluid maak, asook apparaat wat
geslaan kan word en daardeur ‘n reaksie toon aan die baba is alles apparaat wat beweging stimuleer. Die
vernaamste element is egter die kontak en stimulasie deur die versorger. Die emosionele band tussen die
baba en die versorger is die heel belangrikste element in die totale ontwikkeling van die baba…They are
especially dependent on adult approval of their attempts to move and to express themselves… (Thompson, 2001:2).
As ons die bostaande aspekte in ag neem beteken dit dat daar baie implikasies vir die spelomgewing van babas is:
- Babas se speelarea moet apart wees van dié van die peuters. Peuters kan nogal geniepsig wees, nie
omdat hulle met opset geniepsig is nie maar bloot omdat hulle nog nie voldoende beheer oor hulle bewegings
het nie.
- Babas het geleentheid en ruimte nodig om te beweeg.
- Babas moet aangemoedig word om basiese bewegings soos rol, stoot, trek en ook klein sagte apparaat
soos balle en blokke te knie en te manipuleer.
- Babas het geen begrip vir oorsaak en gevolg nie. Speelgoed wat dus hierdie aspek beklemtoon is nie
geskik vir babas nie.
- Babas kan vandat hulle kan kruip, ook hande-viervoet klim. Hulle kan dus baie vinnig by trappe opklim
of ook op ander voorwerpe klim. Alhoewel daar ‘n risiko verbonde is aan hierdie drang om te klim, moet daar
geleentheid geskep word vir babas om onder toesig klimaksies uit te voer.
- Babas kan aangemoedig word om deur tonnels te kruip. Die mure en die “plafon” van die tonnel kan vorms kleure,
prente van skrif en prente van gesigte op hê. Die babas kan aangemoedig word om deur die tonnel te kruip deur hulle
van die een kant te roep en te prys as hulle kruip. Hierdie tonnels kan aangekoop word, maar kan ook gemaak word
van kartonbokse wat aanmekaar gelas word.
- Ligte plastiekballe wat klein genoeg is dat die baba die bal kan optel is ideaal vir hierdie ouderdom.
Babas wat kruip speel “sokker” met hierdie balle deur hulle te keer en te rol terwyl hulle kruip. Hulle ontdek
ook dat hulle die bal kan gooi, gaan haal en binne-in houers gooi. ‘n Sak met 100 balle is sekerlik ‘n goeie
belegging vir ‘n baba- en peuterafdeling.
- Babas kan reeds van so vroeg as 10 maande begin stap. Op hierdie stadium het hulle baie min ruimtelike insig
om beserings te vermy. Hulle het ook geen begrip van gevaar nie. Toesig is dus uiters noodsaaklik. Wat ons nie moet
doen nie is om die babas se bewegingsdrang in te perk omdat ons bang is dat hulle sal seerkry. Beter en meer toesig
is die antwoord.
Back to Top
Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |
|