play gyms manufacturer, jungle gyms manufacturer, south africa
Ontwikkelingsmylpale van babas en peuters: Ontwikkelingsgeskikte kunsaktiwiteite

Page 1

Back to Articles

Ons besef vandag dat kinders se ontwikkeling iets is wat as ‘n proses geleidelik vorm aanneem. Kleuters se deelname aan kuns is dus nie iets wat skielik belangrik word wanneer die peuter begin om te krabbel nie. Die proses van blootstelling aan kuns en kunskonsepte begin letterlik by geboorte. Dit is veral die vermoë om met al die sintuie waar te neem en daarmee saam taal te leer, wat die deelname aan kuns beïnvloed.

Die kennis wat ons van breinontwikkeling het en die klem wat op die belangrikheid van breinontwikkeling vanaf geboorte tot ongeveer 3 jaar gelê word het ons tot ‘n nuwe besef laat kom van die belangrikheid van toepaslike ervaring van kuns en kunskonsepte vanaf geboorte. Diamond & Hopson (1999) lê klem daarop dat elke kind se brein onmeetbare potensiaal het maar dat slegs in die teenwoordigheid van toepaslike ervaring hierdie potensiaal kan ontwikkel en deel word van die permanente strukture van die brein.

By die Kunskursus en ook tydens die Baba- en Peuterkursus word die vraag dikwels gevra watter kunsaktiwiteite met babas en peuters gedoen kan word. Dit is nie net in Suid-Afrika wat hierdie vraag gevra word nie. ‘n Verslag Young Children and the Arts: Making Creative Connections het onlangs verskyn

Ek is altyd baie versigtig om ‘n ontwikkelingstabel op te stel wat met ‘n jong kind se ouderdom verbind kan word. Mense vergeet dikwels dat kinders selde volgens tabelle reageer. Kinders verskil. Die feit dat sommige babas vroeër reageer, of peuters later aandag gee aan sommige van hierdie aktiwiteite, het op die lang duur geen betekenis nie. Wat belangrik is, is dat die proses moet verloop. Indien sommige aktiwiteite vir sommige kinders langer of korter duur beteken dit slegs dat so ‘n kind behoefte het om langer daar te vertoef.

Wat ons definitief nie moet doen nie is om aan te neem dat ‘n baba, peuter of kleuter “agter” is en dus “gehelp” moet word deur inoefening. Dit is die een strategie wat gewaarborg is om die bus net daar te stop en sy wiele te laat afval. Kinders se ontwikkeling verskil. Fokus op die proses en vergeet van die produk. Op ‘n dag, wanneer jy dit die minste verwag, val alles in plek. Onthou die storie van Leo blom laat. Al sy maats kon alles doen net nie Leo nie. Sy pa was baie bekommerd maar gelukkig was sy ma bereid om geduldig te wag totdat hy reg was om alles te kan doen. Gebruik hierdie tabelle dus as ‘n riglyn, nie as ‘n toets nie. Dit is ook ‘n aanduiding van die soort van aktiwiteite wat gebruik kan word om die fondament van kuns te wees.

Back to Top

Next Page >> 1 | 2 |

 

Home | About | Refurbishment | Services | Products | Pricelist | Maintenance | Testimonials | Specials | Accessories | When You Need It | Education | Guarantee | Order | Feedback | Terms & Conditions | Site Map | Marketing & SEO