Ontwikkelingsgeskikte opvoedkundige apparaat vir Kleuters 4 – 6 jaar oud.
Page 4
Back to Articles
Ontwikkeling en stimulering van verbeeldingspel
Verbeeldingspel is ongetwyfeld een van die mees onderskatte aktiwiteite in kinderspel. Verbeelding is volgens
prof. Barbara Clarke (Montessori-kongres, 1985, WITS) een van die min aktiwiteite wat die totale breinkrag van die
brein gebruik. Sonder verbeelding is probleemoplossing nie moontlik nie. Verbeelding is ook uiters noodsaaklik vir
sosio-emosionele vaardighede soos empatie. Daar moet dus geleentheid beplan word vir verbeeldingspel. Aktiwiteite
soos om stories te dramatiseer, musiek- en beweging, en verbalisering van verbeeldingsvlugte ( gesels oor: Sê nou
maar: al die krane verdwyn, al die wiele van die motors is vierkantig, mossies is so groot soos volstruise, ens.).
Apparaat vir assessering
Al die aktiwiteite wat hierbo genoem is kan gebruik word vir assessering. Daar is egter apparaat wat by uitstek
vir assessering gebruik kan word. ‘n Voorbeeld van hierdie soort apparaat is “What’s in a square” wat ongeveer 25
jaar gelede deur die Universiteit van Tel Aviv ontwikkel is. Hierdie apparaat moet deur die onderwyseres saam met
‘n groep kleuters gespeel word. Dit bied geleentheid vir aspekte soos vormherkenning, verskille,
voorgrond/agtergrond-persepsie en die waarneming van meer as een veranderlike.
Afsluiting
Daar is geen geheime stuk apparaat wat sal sorg dat kleuters emosioneel en sosiaal goed aangepas sal
wees nie. Perseptuele ontwikkeling gaan ook slegs optimaal ontwikkel as die program in die kleuterskool
gebalanseerd is. Die regte dinge waaruit ‘n kwaliteit voorskoolse program bestaan, naamlik goeie verhoudings,
minder as 25 kleuters in ‘n groep en ‘n opgeleide onderwyseres wat in staat is om goeie positiewe dissipline
te handhaaf, is die dinge wat sorg dat al die aspekte van kleuters se ontwikkeling in harmonie met mekaar is.
Back to Top
Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |
|