Ontwikkelingsgeskikte opvoedkundige apparaat vir Kleuters 4 – 6 jaar oud.
Page 3
Back to Articles
Apparaat wat sosio-emosionele ontwikkeling bevorder.
Dit is nie soseer die apparaat wat die sleutel tot suksesvolle aanleer van sosiale vaardighede is nie.
Dit is veral die rol wat die emosioneel-belangrike mense in die lewens van kleuters speel wat bepalend is.
Katz & McClellan (1997:13-20) sê dat ‘n liefdevolle vehouding binne gesinsverband baie belangrik is. Hulle
sê egter dat liefde alleen en dissipline alleen nie voldoende is nie. Dit is die kombinasie van liefde,
verbale ondersteuning en dissipline wat sorg dat kleuters grootword as sosiaal goedaangepaste mense. ...Rather,
a combination of nurturance and control, encouragement, demandingness and communication provides the emotional
and social context required for optimum development (1997:13).
Indien ons hierdie uitspraak oor die soort van opvoedingstyl in die ouerhuis op die kleuterskool van toepassing
sou maak, sou dit beteken dat die ideale kleuterskool ‘n plek sou wees waar daar goeie verhoudings bestaan, waar
daar uitdagings aan kinders gestel word en waar daar reëls bestaan wat aan kleuters duidelike riglyne verskaf vir
aanvaarbare gedrag. Warm, hartlike verhoudings gekombineer met kontrole sorg dat kleuters se gedrag ‘n balans is
tussen onafhanklikheid en sosiale afhanklikheid. Die gebruik van apparaat moet dus hierdie twee aspekte ondersteun.
Kleuters se spel bied ‘n unieke geleentheid om hulle bewus te maak van aanvaarbare gedrag en reëls wat in die
speelkamer geld.
Ontwikkeling van perseptuele vaardighede
Daar is reeds genoem dat die tydperk tussen 4 en 6 jaar belangrik vir die integrasie van perseptuele inligting
en die verfyning van hierdie vaardighede is. As ‘n voorbeeld kan oog-hand koördinasie genoem word. Hierdie
vaardigheid begin wanneer die baba uitreik na voorwerpe. Verfynde, doeltreffende oog-hand koördinasie is egter
die resultaat van ongeveer 5 jaar se ontwikkeling wat ‘n fyn samehang tussen grootspier- en fynspierbeheer,
visuele vaardigheid en konsentrasie is. Kom ons kyk na die perseptuele aspekte wat in die tydperk 4-6 jaar verfyn
word:
- Luistervaardighede/Diskriminasie/ Ouditiewe geheue:
- Apparaat/Aktiwiteite wat dit bevorder: Musiek, bandopnames, gebruik van instrumente, liedjies, gediggies, klem op foneme.
- Visuele diskriminasie/perifiêre visie/om te volg/ooreenkomste en verskille
- Apparaat/Aktiwiteit: Balspeletjies, Trap en vang, lotto, Vorm- en kleursortering, Syfer- en letterherkenning, slangetjies en leertjies.
- Voorgrond/ agtergrond: Grootspieraktiwiteite, balspeletjies, legkaarte, oorsaak en gevolg kaarte, What’s in a square,
- Grootspierontwikkeling /balans/basiese bewegings/ manipulering van voorwerpe:
- Bewegingsaktiwiteite wat al hierdie aspekte kombineer in probleemoplossing.
- Legkaarte: sintese/ geheelbeeld diskriminasie/visuele voltooiing
- Kleinspierontwikkeling/manipulering: Knip, teken, verf, ryg, sorteer (pennetjiesbord)
- Tyd en ruimtelike konsepte: Stories, verloop van roetines, wetenskapaktiwiteite, sandloper, temas van horlosies, vier van verjaardae ens.
Wiskunde
- Getallebegrip
- Een tot een verhoudings
- Klassifikasie
- Meer as / minder as
- Woordsomme en die oplossing van wiskundige en ruimtelike probleme
Back to Top
Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 |
|