play gyms manufacturer, jungle gyms manufacturer, south africa
Breinontwikkeling – Is dit regtig so belangrik?

Page 5

Back to Articles

Voordele van die probleemoplossende metode

Is daar enige voordele daaraan om ons onderrigmetode en kurrikulum te verander? Kom ons kyk ‘n bietjie na die vernaamste voordele:

Voordele vir die kind:

  • Breingroei word gestimuleer en kapasiteit word geskep vir multi-funksionering.

  • Die kinders leer basiese vaardighede aan wat lewenslank gebruik kan word.

  • Jong kinders ontwikkel selfvertroue en ‘n positiewe selfbeeld omdat daar nie ‘n korrekte of verkeerde uitkoms van die aktiwiteit is nie.

  • Alle aspekte van die dagprogram word op ‘n kreatiewe manier aangepak. Kleuters se vaardighede in kuns, musiek, beweging, wiskunde, taal en omgewingskennis is ongelooflik. Daar sal nie meer stereotipe huisies of mannetjies, stereotipe antwoorde op vrae of dalk geen antwoorde op vrae wees nie.

  • Omdat kleuters betrokke is by die oplos van probleme bly hulle langer besig en gee die oplos van probleme aan hulle ‘n gevoel van genoegdoening. Hierdie aspekte bevoordeel die leerlokaal se atmosfeer en verminder dissiplinęre probleme.

  • Omdat kleuters altyd besig is met aktiwiteite wat ontwikkelingsgeskik is, en daar nie grense is waar hulle moet ophou nie, word gevind dat hierdie kleuters vinniger vorder en gouer gereed is vir die volgende fase van ontwikkeling.

  • Breingroei word maksimaal gestimuleer sonder dat kleuters stres ervaar omdat hulle onderwerp word deur formele klakkelose herhaling van inhoude wat nie op daardie stadium relevant is nie. Hier word gedink aan werkboeke, wiskunde-“oefeninge”, formele lees en skryf, rekenaarlesse en nog baie meer. Die lys is ontstellend lank. Die treurige is dat ons kleuters se breingroei-tyd en ook ons eie tyd mors.

Voordele vir die onderwyser:

Vir elke onderwyser wat die moed het om haar kop “skoon te maak” van ou uitgediende begrippe en metodes, wag daar ‘n wonderlike ervaring:

  • Ons leer die kleuters baie beter ken. Omdat die onderwyser hoofsaaklik by voorbereiding van die leerlokaal en die verbale begeleiding van die kleuters se ontdekking en probleemoplossing betrokke is, is sy nie meer die sentrale figuur of die dirigent van ‘n orkes waarvan die lede almal op dieselfde wysie moet speel nie. Die onderwyser het nou meer tyd vir waarneming en assessering. Sy het ook meer tyd om te luister na waarin kleuters belang stel.

  • Die oomblik wat die onderwyser die brug van vertroue in die kleuter se eie vermoë om te leer oorgaan, wag daar ‘n opwindende tyd vir haar. Die 17 onderwysers wat in 2001 die Jaarkursus in die Vereniging se opleidingsprogram, deurloop het, het feitlik almal getuig dat hulle baie beter resultate behaal het toe hulle kleuters toegelaat het om hulle eie probleme op te los.

  • Die sukses wat met hierdie metode behaal word, word in die kleuters se vreugde in deelname gereflekteer. Kleuters wat besig en gelukkig is, is gemotiveerde leerders. In hierdie benadering is kleuters nie stout of ongedissiplineerd nie.

  • Hierdie benadering is gewaarborg om aan die onderwyseres maksimum beroepsbevrediging te bied.

Back to Top

Next Page >> 1 | 2 | 3 | 4 | 5 |

 

Home | About | Refurbishment | Services | Products | Pricelist | Maintenance | Testimonials | Specials | Accessories | When You Need It | Education | Guarantee | Order | Feedback | Terms & Conditions | Site Map | Marketing & SEO